|
|||
Meeste van ons frustrasies in verhoudings kan in groei omskep word as ons kan ONTDEK wat ons ware behoeftes is.Verhoudings het 'n self ingeboude dinamika wat goeie energie is, maar terselfdertyd baie plofbaar kan wees. Elke mens is kompleks en ons gedrag word gedryf deur emosies, waardesisteme, opinies, ons agtergrond van opvoeding en ons verwonding. Sodra hierdie energie met 'n ander persoon of persone se teenwoordigheid gemeng word, word die kanse vir konflik hoër. Wanneer ons nie hierdie dinamika verstaan nie en nie bewus is van die energie wat ons reaktief maak nie, sal verhoudings ons energie tap en ons onproduktief maak. Ons moet die valse prentjies wat ons deur die jare oor onsself en van ander mense gevorm het, ontdek en aanspreek. Selfontdekking en persoonlike groei is die begin om gelukkig te wees in jou werksomgewing. |
|||
![]() |
HuweliksverhoudingsGetroude pare wat hulle verhouding wil verryk en versterk.
Die grootste frustrasies in enige verhouding word veroorsaak omdat pare nie weet hoe om te vra vir dit wat hulle nodig het van mekaar nie. |
||
Paartjies wat op trou staan. Getroude pare wat in ‘n magstryd vasgeval het. Pare wat deur ‘n egskeiding gaan. Hersaamgestelde huwelike. |
|||
Strengthsfinder vir huwelikspareBring die beste energie in julle verhouding na vore deur op mekaar se sterkpunte te speel! Paartjies is geneig om te veel energie op mekaar se swakpunte te spandeer. Hierdie benadering groei nie die verhouding nie, maar maak mekaar eerder moedeloos en veroorsaak onnodige frustrasies. Ontdek jou maat se natuurlike energie met Gallup se StrengthsFinder™ Persoonlikheidsontleding.
Hoe werk die Strengthsfinders coaching? Nadat die paartjie die Strengthsfinder resulate aan my gestuur het, doen ek ‘n 3 ure coaching sessie met elkeen afsonderlik. Daarna doen ek ‘n 2 ure gesamentlike sessie om die paar te help om:
|
|||
![]() |
Ouer-kind verhoudingsHoe om jou kinders te benader sodat hulle emosioneel gesond kan ontwikkel en met effektiewe dissipline hulleself kan ontdek. |
||
![]() |
WerksverhoudingsWaar mense saamwerk, is daar altyd die potensiaal vir konflik. Konflik ontstaan onder andere omdat mense nie effektief kommunikeer nie en nie mekaar se sterk punte ken nie. |
||
Gemeentes:Vanuit my vorige ervaring as leier van ‘n gemeente, algemene gemeentewerk, spanbou, gemeentebou en gemeenteplanting, bied ek konsultasiedienste vir gemeentes aan. Ek help ook gemeentes met verhoudings-dinamika asook coaching sessies met Gallup se "Strengthsfinder" ontleding. Ek doen ook span integrasie om beter samewerking en hoër produktiwiteit te verseker. Maatskappye:Van die grootste frustrasies in die lewe het baie keer hulle oorsprong in ons werksomgewings. Een van die faktore wat kan aanleiding gee tot ons frustrasies, is wanneer iemand onvervuld voel in die spesifieke pos waarin hy of sy aangestel is; of dit kan wees dat jy net eenvoudig nie met van die personeel oor die weg kom nie, of die maatskappy se organisatoriese strukture wurg al die passie en kreatiwiteit uit jou uit. Die Strengthsfinder Persoonlikheidsontleding en "Life Coaching" sal maatskappye, hulle leiers en werknemers help met interpersoonlike dinamika, indiwiduele groei en ontwikkeling, span interaksie en organisatoriese sukses. Dit sal organisasies help om sterkpunte aan te wend wat reeds deel is van hulle DNA, hulle kultuur en hulle werknemers. |
|||
Verhoudingsdinamika en GroeiDoelwit 1: Open ‘n nuwe hoofstuk in die verhaal van verhoudings My doel is om vars en nuwe inligting vir ‘n breër gehoor te bied - nie net vir mense wat terapie nodig het omdat hulle verhouding in die moeilikheid is nie - maar ook vir elke indiwidu of groep wat ‘n meer ontspanne en gesonde omgewing soek vir verhoudings. Ek hoop om mense se denke oor verhoudings te verander. Ek wil ‘n betekenisvolle impak maak op die lewe en geluk van huwelikspare, gesinne, organisasies en maatskappye. Ek wil veilige omgewings skep waarbinne mense kan groei en hulle volle potensiaal kan ontwikkel. Doelwit 2: Verander konflik in ‘n geleentheid vir groei Verhoudingsdinamika draai konflik op sy kop. Konflik is nie die probleem nie. Dit is die antwoord! Konflik is onvermydelik in enige verhouding waar mense sterk verbintenisse aan mekaar maak en waar daar verwagtinge is. Mense deel gereeld inligting met mekaar oor alledaagse sake. Alhoewel die argumente sigbaar op die oppervlakte lê, is die dieper emosionele inhoud weggesteek en baie keer die destruktiewe energie. Solank mense nie die onbekende invloede binne verhoudings verstaan en herken nie, sal hulle mekaar begin kritiseer, beskuldig en veroordeel. Ek help individu en groepe om mekaar se emosies te verstaan en om die onderliggende motiewe in konflik te ontdek. Sodra mense die verband sien tussen konflik en die individu se ervaringswêreld uit die verlede, kan konflik in groei omskep word. Hierdie proses is eenvoudig omdat ek mense met goed gestruktureerde tegnieke help om oor moeilike emosioneel-gelaaide sake te praat. Die dialoog tegniek verskuif die gesprek van beskuldiging en kritiek na begrip en ondersteuning. Hierdie gesprekke kweek genesing en versoening in verhoudings. Doelwit 3: Ek leer mense die bron van hulle konflik ontdek Argumente tussen mense het meeste van die tyd nie ‘n goeie einde nie. Selfs onbenullige sake waaroor mense praat, kan uit die bloute soveel negatiewe energie in ‘n argument losmaak dat die gesprek in ‘n magstryd ontaard. Die atmosfeer word nou lewensbedreigend omdat ons onderwussyn dink dit is lewensgevaarlik. Ek leer mense hoekom ons so maklik reaktief kan wees teenoor sekere onderwerpe of spesifieke persone. Ons onderbewussyn maak ‘n konneksie met ‘n vrees of pyn wat ons in ons verlede ervaar het. Support and healing for relationships: Relationship Dynamics and Therapy The purpose of Imago Relationship Dynamics is
to transform relationships. Imbedded in frustrations lies the
information for healing and growth. Imago is thus the art of
discovering the unconscious relationship and turn it into a
healthy and safe connection. I teach key insights into how
relationships work and the effective use of dialogue skills,
both directly and in partnership with others. |
|||