- Paartjies wat op trou staan.
- Getroude pare wat hulle verhouding wil
verryk en versterk.
- Getroude pare wat in ‘n magstryd vasgeval het.
- Pare wat deur ‘n egskeiding gaan.
- Hersaamgestelde huwelike.
|
Hoe ouers en hulle kinders interaktief met mekaar kommunikeer, sal grootliks bepaal of die gesin emosioneel gesond ontwikkel.
"Verhoudingsdinamika draai konflik op sy kop. Konflik is nie die probleem nie. Dit is die antwoord!”
|
Waar mense saamwerk, is daar altyd die potensiaal vir
konflik. Konflik ontstaan o.a. omdat mense nie effektief
kommunikeer nie en nie mekaar se sterk punte ken nie.
Gemeentes:
Vanuit my vorige ervaring as leier van ‘n gemeente,
algemene gemeentewerk, spanbou, gemeentebou en
gemeenteplanting, bied ek konsultasiedienste vir gemeentes
aan. Ek help ook gemeentes met
verhoudings-dinamika asook coaching sessies met
Gallup se Strengthsfinder ontleding. Ek doen ook span
integrasie om beter samewerking en hoër produktiwiteit
te verseker.
Maatskappye:
Van die grootste frustrasies in die lewe het baie keer hulle oorsprong in ons werksomgewings.
Strengthfinder ™ Persoonlikheids- ontleding en Coaching:
Die een enkele rede waarom mense sukkel om hulle volle potensiaal te bereik, is die tradisionele denkfout dat sukses meer bereikbaar is as ons ons swakhede verbeter.
|