|
Die doel met hierdie Werkswinkels:
Ons noem die naweek ‘n “werkswinkel” (en nie ‘n seminaar nie!) omdat daar baie praktiese sessies vir egpare is om hulle kommunikasie-vaardighede te oefen.
Wat gaan julle tydens hierdie werkswinkels leer?
- Hoe om jou maat se beste vriend en geneser te word;
- Hoe om julle behoeftes en begeertes suksesvol aan mekaar te kommunikeer;
- Verstaan hoekom dit wat jou aanvanklik na jou maat aangetrek het, jou later kan begin irriteer;
- Hoe om liefde en waardering op ‘n gemaklike manier te kommunikeer;
- Hoe julle frustrasies in julle verhouding omskep kan word in groei-geleenthede;
- Hoe om pret, romanse en intimiteit terug te bring in julle verhouding;
- Hoe om die praktyk van julle geestelike lewe met julle huweliksverhouding te integreer.

|